Oor Babylonstoren

Kaaps-Hollandse Argitektuur

Babylonstoren het een van die besbewaarde werwe in die Kaaps-Hollandse tradisie. Dit bevat nie net die hoofhuis van 1777, maar ook pionier geboue wat dateer uit 1690 toe die plaas gestig is. Die Koornhuis (vir die berging van koring en hooi) en die ou kelder is besondere argitektoniese strukture. 'n Swierige hoenderhok, duiwehok, oorhellende kloktoring en geskiedkundige hekke versier 'n tradisionele werf omring deur 'n lae, witgepleisterde muur.

Gister op Babylonstoren

Die Drakensteinvallei is oor die eeue bewoon deur nomadiese Khoisan gemeenskappe. In 1692, toe die grense van die Kaapse Kolonie uitgebrei het na die aankoms van die Franse Hugenote, is die plaas toegeken and burger Pieter van der Byl deur Goewerneur Simon van der Stel. Hy het die eerste wingerde aangelê en het waterlope aangepas om leibesproeiing te bewerkstellig. Die oudste geboue op die plaas is in hierdie tydperk gebou. Kort hierna, speel Pieter en sy vrou 'n rol in die val van Simon se seun, die ongewilde Goewerneur Willem Adriaan.

Sien die tydlyn
Die Jare

Vandag op Babylonstoren

Dae word opsetlik oop gelaat op Babylonstoren, om aan gaste die vryheid te bied om te doen wat hul harte begeer. Gaan op 'n wandeling op die 200 hektaar plaas en sien hoe vrugte gepluk word in die boorde of hoe wingerde gesnoei word – afhangende van die seisoene. Gaan stap in die besondere vrugte- en groentetuin (met begeleiding as jy iets wil leer, of op jou eie ter ontspanning). Kies en pluk bykomstighede vir 'n slaai of geniet 'n maaltyd in die uitstekende restaurant. Wat van 'n massering in die spa na middagete? Of 'n wandeling langs die stroom tussen die clivias? Dan gaan swem in die plaasdam of oefen 'n bietjie in die gim voor 'n skemerkelkie by 'n piekniekplek. Of proe 'n bietjie van die uitstekende wyne wat van die berghange van die Simonsberg kom, straks die beste terroir vir wyn in Afrika. Die keuse is joune. Of ontspan net en lees, in die somer in 'n hangmat tussen die boomtakke of in die winter, opgekrul voor die vuur.

Lees meer hier
Die Dae

Waar is ons

Babylonstoren is in die Drakensteinvallei tussen Franschhoek en Paarl geleë. Omring deur die Simonsberg, Du Toitskloof en Franschhoekberge, lê Babylonstoren in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Dit is ongeveer 60km van die stad Kaapstad en 'n maklike 45min se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kontak ons
Waar is ons

Wat ons is

Kaaps-Hollandse argitektuur is vernoem na die styl van die 17e en 18e eeuse Kaap die Goeie Hoop. Tipiese kenmerke sluit die sagte, witgepleisterde mure of klip of primitiewe baksteen, swierige gewels en grasdakke, in.

Wat ons is