Kaapse Wynlande

Suid-Afrika se wêreldberoemde wyne word meestal in die Kaapse Wynlande verbou – 'n streek van groot natuurlike skoonheid, vrugbare grond en geskiedkundige dorpies omring deur manjifieke bergreekse. Die Kaapse Wynlande is een van die land se mees besoeke bestemmings en is naby aan Kaapstad, Kaappunt en die internasionale lughawe.

Babylonstoren – In die hartjie van die wynlande

Babylonstoren is geleë in die middel van die Kaapse Wynlande, net 60km van Kaapstad en 45min van Kaapstad Internasionale Lughawe. Dit is 'n klipgooi vanaf beroemde wynroetes in Stellenbosch, Franschhoek en Paarl.

Kaapstad Wynlande & Akkommodasie

Kaapstad is Suid-Afrika se oudste en mooiste stad. Kort nadat die Nederlandse setlaars hier aangekom het in die 17e eeu het hulle begin met hul eerste projek – die uitlÊ van die Kompanjiestuin, om kos te voorsien aan skepe van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Drie honderd jaar later inspireer hierdie tuin die Tuin op Babylonstoren.

Lees meer

Stellenbosch Wynlande & Akkommodasie

Die groen eikebome van die geskiedkundige universiteitsdorp Stellenbosch is maar 20 minute se ry van Babylonstoren. Stellenbosch is ook bekend vir sy wynroete – die land se oudste een – waar pragtige Kaaps-Hollandse herehuise met 'n trotse geskiedenis en kulturele nalatenskap omring word deur wingerde en lieflike berge.

Lees meer

Franschhoek Wynlande & Akkommodasie

Franschhoek is een van die mooiste dorpies in die Wes-Kaap en baie naby aan Babylonstoren &ndash 'n definitiewe moet vir elke besoeker. Verskeie top wyne kom van die omgewing buite die lieflike dorp wat dikwels as die kos- en antieke meubelhoofstad van Suid-Afrika beskryf word.

Lees meer

Test Test