Welkom by ons Tuin

Die Babylonstoren tuin is in die hartjie van die plaas geleë.  Dit is geїnspireer deur die Kompanjietuine van die Kaap, waar skepe eeue lank stilgehou het om vars water, groente en vrugte by die halfwegstasie tussen Europa en Asië te verkry.  Dit herinner ook aan die mitiese tuine van Babilonië.

Inspirasie

Die Babylonstoren tuin strek oor agt akker en het 'n formele struktuur.  Elkeen van die meer as 300 soorte plante in die tuin is eetbaar en word so natuurlik moontlik verbou.  Vrugte en groente word heeljaar geoes vir gebruik in ons restaurant.  Die tuin is verdeel in vyftien groeperings wat groente areas, bessies, bye, inheemse plante, eende, hoenders en 'n turksvy doolhof insluit.  Water word deur swaartekrag in slote aangevoer vanaf die stroompie na die tuin - soos dit al 300 jaar lank gedoen word.

Kronkelende wandelpaaie

Al langs die kloktoring as, die ou kelder as of die Babylonstoren heuwel as, is daar meer as drie kilometers se wandelpaaie in die tuin.  Gedurende lente, blom 7 000 clivias by die stroom, waar 'n stil paadjie in die skaduwee van wilde olywe en eikebome gevind kan word.

Openings tye

Oop 7 dae 'n week: 09h00 - 17h00

Daaglikse tuintoere begin 10h00.
Besprekings noodsaaklik.

Ingangsfooie word geskenk aan die
Babylonstoren Trust

Prys: R10.00

Begeleide besoeke: Om 'n bespreking te maak, stuur vir ons epos op: enquiries@babylonstoren.com

Of skakel ons op + 27 (0) 21 863 3852 tussen
08h30 – 17h00 (GMT+2)

How lucky can I be, to be here.  It’s paradise lost and found
- Gundula


Wat is in seisoen

Somer, winter, herfs of lente – daar is altyd iets besig om te gebeur in ons tuin.  Gaste word uitgenooi om te help met oes, snoei, plant of pluk van ons baie vrugte, kruie, neute, speserye en groente.